Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Vonke en voëls
AGTER DIE SKERMS • Die Aliwal-sandbank is een van Suid-Afrika se voorste duikbestemmings. Op bl. 92 vertel die vryskutfotograaf en bewaringskundige Callum Evans hoekom elke skuba- of vryduiker hier moet kom duikpak natmaak.
Weg!
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, vonkpos of ’n posduif en sê jou sê.
KORTLIKS
ONTMOET DIE SKRYWER • Die fotograaf, skrywer en veldgids Scott Ramsay gesels met ons oor sy nuwe koffietafelboek, Spirit of Africa, en hoekom hy Natuur met ’n hoofletter spel.
GESKENKIDEES • Ons redaksie deel die boeke wat hulle vanjaar gaan toedraai om onder die Kersboom te sit.
O, koot! • ’n Mens gaan op vakansie om van jou kwellinge te ontsnap, maar soms bring ’n vakansie sy eie beproewinge. Zigi Ekron onthou die naweek van die melkskommel...
’n Veld vol belofte • Die De Hoop-natuurreservaat naby Bredasdorp in die Overberg is ’n vreedsame plek. Buiten ’n paar luiperds loop hier nie ander Groot Vyf-diere rond nie. Maar bring jou verkyker en kom kyk – hier steek baie in dié fynbos-vleilanden-seereservaat se makker mooiheid.
Tjirp-tjirp al langs die Tuinroete • Dis ’n ou twispunt in gesinne of vriendekringe: Julle wil saam toer, maar daar’s ’n kranige voëlkyker of twee in die groep terwyl die res, wel, ’n veer voel. Hoe gemaak? Beplan ’n vakansie wat strande, woude, berge, ’n rits doendinge én voëlkykkolle insluit. En waar kry ’n mens dit alles? Langs die Tuinroete, natuurlik!
Met wie praat die boesmangras en ysterklippe? • Langs die roetes wat die Britse reisiger William Burchell in 1812 gevolg het, wag wonderlike stories. Maar soos die wêreld – en die Karoo daarmee saam – verander, kan ’n mens net wonder hoeveel van dié verhale gaan voortleef.
MENSE SE LENSE • Spog ’n bietjie met jou foto’s! Stuur jou beste wildlewe- of reisfoto’s na Toast Coetzer by 🖰 menseselense@weg.co.za – dalk verskyn dit hier!
Die natuur praat...
Vat vyf! • Die jaar is op sy rug en dis tyd dat jy ’n slag ontspan. Dié resepte met slegs vyf bestanddele elk spaar tyd én dinkwerk.
Geskenke vir Afrika! • Die span by Weg het gepraat! Hierdie is wat ons vir familie en vriende sal koop, en wat ons graag self sou wou ontvang.
Die beste in die we… ooste • Dit was ’n waterskeidingsjaar vir die plaaslike motorbedryf toe die stroom motors uit China in 2024 in ’n vloed ontaard het. Hierdie is maar enkele van die nuwe Chinese motors wat ons oog gevang het.
STAP HIER STAPPERS EN DIE SEE
DOEN DÍT • Duik by die Aliwal-sandbank
Die vlei is terug! • Elandsbaai se Verlorenvlei doer langs die Weskus was jare lank kurkdroog. Maar in 2023 – en weer in 2024 – het dit genoeg gereën om vol te loop en deur te spoel see toe. Ontmoet van die mense wat deur hierdie moeilike én vreugdevolle tye Elandsbaai hulle tuiste noem.
Beleef alkant van die Kgalagadi • Kom saam met Weg en Bhejane 4x4 Adventures op ’n begeleide toer van die Suid-Afrikaanse én Botswana-kant van een van die mees ikoniese oorgrensparke – die Kgalagadi!
MET MY EIE OË
Skatte uit die see • Het jy geweet dat skulpe die “geraamtes” van sekere seediertjies is? Kom ons bekyk ’n paar soorte skulpe wat op ons strande...