Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Ons eie stukkie hemel
AGTER DIE SKERMS • Zambië se wild én wildheid het die vryskutjoernalis Lucille Botha en haar gesin se hart gesteel. Lees haar storie op bl. 34.
Weg!
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.
KYK HIER!
Wanneer die bus loop • Dekades gelede was die Spoorwegbus vir baie plaasmense ’n lewensaar na die buitewêreld. Deon Strydom onthou sy eerste ontmoeting.
KORTLIKS
STERREWEG
LUIPERDLESSE • Só gaan dit met luiperds wêreldwyd
BOEKE EN MUSIEK
Maak lyn nat met mnr. Galjoen • Wil jy graag op die sand staan en met ’n galjoen stoei? Enigeen wat al van ’n strand af lyn gegooi het, weet kushengel verg baie meer as net geduld. Jy moet jou storie ken, en die regte gerei hê. Laat die meesterhengelaar Wikus van der Merwe jou touwys, of altans lynwys, maak.
Die vlinder van Afrika • Zambië bied veel meer as net ’n reuse-waterval en ’n enorme mensgemaakte meer. Hier is dinge nog lekker woes. Jy kamp tussen grootwild, stoei met ’n tiervis (as jy gelukkig is), en sien selde ’n bekende nommerplaat.
Kom skep diep tussen die seders • Die Sederberg is ’n bergagtige kontrei waar die son en die wind nog bandeloos rinkink en alles in hulle pad verweer en verwring. Maar op ’n oornagstaproete in dié warboel van klippe en klowe kry ’n mens jou binneste ’n slag weer in orde.
Op soek na Karoo-piramides en Boesman-drome • William Burchell het meer as 200 jaar gelede deur dieselfde Karoo gereis wat ons vandag ken. Maar hy het dinge en mense gesien wat nie meer bestaan nie. Of is hier dalk nog iets daarvan oor?
MENSE SE LENSE • Wou jy nog altyd een van jou foto’s in Weg sien? Hier’s jou kans! Stuur jou beste reis- of wildlewefoto’s na Toast Coetzer by ### menseselense@weg.co.za – dalk verskyn dit op dié bladsye...
Van die eerste water!
Hoenderresepte wat boning braai! • Noudat die lentebloeisels aan die bome hang, wil ’n mens sommer elke aand buite kuier. En ’n vuurtjie aansteek. Én braai. Fnuik jou weeklikse braaikwota met dié ligte disse.
Vastrappers vir die veld • Sterk, waterdigte stapstewels wat jou enkels beskerm, is wonderlik vir ’n veeldagbielie soos die Vis of die Otter, maar partykeer soek jy iets ligters vir daai lentedagstap na Tweede Waterval in Jonkershoek. Dis waar ’n nuwe generasie veldloopskoene nie net aan hardlopers nie, maar ook aan stappers, uitstekende opsies bied. Hierdie handvol veldloopskoene het vanjaar ons oog gevang.
Gouelokkies se gunsteling • Die waglys vir die nuwe Toyota Land Cruiser Prado strek al ’n myl lank, want dis omtrent net elke 15de jaar wat hierdie Randburg Rolls-Royce bekend gestel word. Was die lang gewag vir een van Suid-Afrika se mees begeerlike motors die moeite werd?
BLY HIER • THE PLACE, NABY LADISMITH
Sigsag deur Lesotho • Ervaar die Sanipas, Katsedam, die Maletsunyanewaterval én Thaba Bosiu op ’n ses dae lange toer saam met Weg en Bhejane 4x4 Adventures. Jy is agter die stuur van jou eie voertuig.
STAP SAAM MADONNA-EN-KIND-ROETE, HOGSBACK • Dit maak nie saak watter roete jy op Hogsback stap nie, bly net kalm en volg die varkies.
’n Dorp wat uitblink • Het jy gedink diamonds are a girl’s best...