Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

June/July 2024
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Op reis

AGTER DIE SKERMS • Terwyl die vryskutskrywer Biénne Huisman die bekendstelling van ’n nuwe tenstoonstelling in De Hoop-natuurreservaat (bl. 129) bygewoon het, het sy ’n leidraad opgevolg en met Glenda Kemp aan die gesels geraak...

Weg!

BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.

V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na redakteur@weg.co.za

KYK HIER! • Goegap, net buite Springbok, is een van ons land se kleiner natuurreservate, maar hier is gróót klippe en sandvlaktes. Die Namakwaland en Boesmanland kuier hier om dieselfde vuur, en jy kan ook. Kom stap gerus die Hartmann’s-T Kou-roete; daarna sal jy altyd terugverlang na die kokerbome se stories en die bossie- en blomgeure in die lug.

’n Tierboskat en ’n vlagswaaier • Ons reis omdat ons nuuskierig is, skryf Toast Coetzer, maar ook omdat ons vir ewig op soek is na iets sonder naam – iets wat eers vorm kry die dag wat dit jou pad kruis. Soos ’n tierboskat, of ’n vlagswaaier, of albei.

BOEKE EN MUSIEK

KORTLIKS

STERREWEG

LUIPERDLESSE Die strikgevaar

Ver in die wêreld • Verbeel jou ’n plek met die skoonste lug en helderste seewater. ’n Plek waar die klimaat heeljaar soel is, sonder storms. ’n Veilige plek waar nie ’n dier of ’n mens jou leed sal aandoen nie. Met boonop ’n ryk geskiedenis en ’n wilde skoonheid. Ja, só ’n plek bestaan wel... St. Helena-eiland.

’n Gids tot die Hibiskuskus • Waar die KwaZulu-Natalse kuslyn aan die Oos-Kaap grens, lê ’n strokie land oortrek met riviere, kuswoude en strande. Kom maak ’n draai vir ’n klassieke kusvakansie slegs twee ure van Durban af.

NA DIE LAND VAN DIE BOESMANS • Elkeen van ons het al iewers gestaan, na die wêreld rondom ons gekyk en gewens ons kon sien hoe dit ’n paar eeue gelede gelyk het. William John Burchell het in 1811 sulke deeglike sketse en beskrywings van ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse binneland gemaak dat jy presies dít kan doen.

MENSE SE LENSE • Stuur jou beste foto’s na Toast Coetzer by menseselense@weg.co.za – dit word dalk hier geplaas!

SA deur ’n lens

Laat die potte prut! • Kuier dié winter gesellig rondom potjiekos.

Hou die hitte binne • ’n Noorweegse gesegde lui: “Daar’s nie iets soos slegte weer nie, net slegte klere”. Dis beslis mense wat ’n ding of twee weet van hoe jy in die wintermaande buite baljaar en baie hiervan het te doen met verskillende lae klere wat jy na gelang van die temperatuur kan aan- en uittrek. Hierdie produkte wat jou van kop tot toon warm (en droog) hou, het ons oog gevang.

Rol met ’n groot kanon • Indien jy steeds jou oë na die horison rig vir ’n Chinese voertuiginval, kyk jy in die verkeerde rigting. Dis reeds aan die gebeur, en die nuwe GWM Tank is in die voorhoede van die aanslag op die winsgewende 4x4-mark.

STAP HIER • Die skoonheid én swaarkry van Tienuurkop

BLY HIER • KEURKLOOF COTTAGE, BUITE MATJIESFONTEIN

Dullstroom bly gul • ’n Langnaweek op Dullstroom is net mooi genoeg om ’n mens te laat besef dat jy meer gereeld hier wil kom kuier – vir lekker eet, interessante sopies proe en doendinge by dosyne. Hier’s jou...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 133 Publisher: Media 24 Ltd Edition: June/July 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: May 24, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans