Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Stap teen jou eie pas
Weg!
Só Vis ’n mens • Die boek Hiking the Fish is ’n kraakvars produk van Struik Nature. Dit vertel jou alles wat jy behoort te weet voordat jy die Visriviercanyonroete aanpak – met ’n dag-tot-dag beskrywing van die roete, hoe om jou stapdatums te bespreek, detail oor al daai papierwerk by die grenspos, wat om in te pak én nog meer. Sophia van Taak gesels met die skrywers, Henk Blanckenberg en Lizet Meyer.
Wat klip ons vertel
KYK HIER!
Die kenners se keuse • Het jy ook stukke toerusting wat jy áltyd vir ’n staptog inpak? Vanjaar se stapskrywers wys ons hulle s’n.
Wat kort ek nog? • Jy het reeds die basiese toerusting – stewels, ’n rugsak, kookgerei, ’n tent… maar jy bránd om voor jou volgende staptog iets nuuts aan te skaf. Dié items sal daardie jeuk vir jou krap – sonder om jou begroting te blaas.
Het klipspringers knieë? • Natuurlik is dit lekker om langs die see, ’n rivier of onder die skadu’s van reuse-bome te stap. Maar sorg dit vir sulke goeie stories soos daai keer toe jy op die Klipspringerroete tussen warmgebakte klippe deur moes swoeg?
Toe glad nie rustig nie… • Net ’n driekwartier se ry van Pretoria af lê ’n stapplaas op die grens van Gauteng en Noordwes. Moenie dat die plek se naam, Rustig, jou flous nie – die vredigheid volg eers nadat jy die Magaliesberg handeviervoet uitgeklouter het!
Die Vrystaat se groen-en-goud • Uitmergelende hellings met name soos Hartbreek, Moedbreek en Kniebreek. Dís wat mense jou vooraf van die Ribbokroete vertel. Maar dit bied soveel meer – bergpoele wat uitgeputte voete en lywe lawe, veldblomme, talle soorte wildsbokke... Dié belonings maak die swaarkry sommer soeter!
’n Kuier by die kokerbome • Op hierdie stil Hartmann’s-T Kou-tweedagroete in die Goegap-natuurreservaat het jy hope tyd vir asemhaal en luister. En omdat Namakwaland en die Boesmanland hierlangs begin hande vat, is die veld die ene kleur.
Prentjiemooi Phiring • Versteek in ’n vallei tussen die Blyderiviercanyon-natuurreservaat en die Eggo-grotte naby Ohrigstad lê ’n boerderygemeenskap met die naam Phiring. Dis ’n gebied vol golwende heuwels, diep, ruie klowe en ’n magdom voëls. Kom saam op ’n begeleide staptog!
Die aanloklike Langeberg
Dié berg dwing respek af! • Sowat 20 km se stap oor 2 dae klink na ’n vulletjie. Maar op die Arangieskoproete buite Robertson stap jy byna nét opdraande op Dag 1 en nét afdraande op Dag 2. Dit toets jou tot op die laaste tree, maar beloon jou met ’n kop vol berge.
’n Sagter benadering • Moenie dat Boosmansbos-wildernisroete se naam jou afskrik nie. Dié tweedagroete is van die meer bedeesde staptogte in die Langeberg, maar lei jou steeds deur een van die mooiste en mees afgesonderde blomtuine in die geweste.
G’n kortpad deur die Langeberg! • Dié skitterende vyfdagroete in die Langeberg is nie vir enigeen nie. Maar as jy fiks genoeg voel vir ’n paar stywe oppe en affe, is dit een van die beste maniere om hierdie mooi stuk bergwildernis te verken waar fynbos en proteas aan die suidelike hange groei en die Sukkulente-Karoo jou aan die noordekant inwag. Hier is dit net jy, die stroompies, rotsformasies, voëls en paddas.
SA se mees geliefde voetpad • Met avontuurlike rivierkruisings, ’n ongerepte kuslyn, digte...