Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Weskus, Namaqualand Reisgids 2024
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

REDAKTEURSBRIEF

Weg!

KYK HIER!

Die Wyse Manne volg die GPS • Die Weskus is Namakwalanders en Boesmanlanders se see. Die 4x4-toergids Rey Janse van Rensburg van Springbok onthou vakansies by McDougallsbaai, Lambertsbaai en Brazil naby Kleinsee.

Die vallei van olifante • Draai ’n slag van die N7 af en verken die dorpe langs die Olifantsriviervallei. Hier loop dalk nie meer regte grootvoete rond nie, maar dis ’n immergroen streek met sitrus-, wingerden rooibosteeboerderye wat ’n groot bydrae lewer tot die streek se ekonomie.

Laat almal huis toe kom • Vir ’n dorp wie se kinders wyd in die wêreld gaan draai het, is die Lambertsbaaikuiernaweek ’n wekroep om weer ’n slag huis toe te kom. Toast Coetzer het saam met die jolige Lambertsbaaiers gebraai, gedans én gebasaar...

’n Laaste jackpot • Vir jare was die afgetrede diamantduiker George Moyses die storieverteller van Port Nolloth – die een wat al “die Port” se stories onthou en met toeriste gedeel het. Willem van der Berg het hom raakgeloop kort voor sy dood in September 2022.

Blom vir my! • Wanneer dit op die regte tyd reën, word die Weskus teen vroeglente ’n deftige en selfs uitspattige plek met kleurryke blomtapyte waar duisende blomgesiggies die son salueer. Hier is ons gids tot die blomkykroetes langs die Weskus, in Namakwaland en ook op die Bokkeveldplato.

Gestrand op Hondeklipbaai • Wie kan ’n goeie seemanstorie weerstaan? Of ’n strandpartytjie wat drie dae duur? Kom stap saam deur Hondeklipbaai se luidrugtige en soms tragiese verlede.

Die vreedsaamheid van Velddrif • Die landskapfotograaf Basson van Zyl woon op Vredenburg en neem gereeld foto’s langs sy geliefde Weskus. Velddrif, met sy kombinasie van hawetonele by Laaiplek en Bergriviertonele by Bokkomlaan, bly een van sy gunsteling-plekke.

Alle paaie lei na Paternoster • Die Weskus het baie oulike kusdorpies, maar daar is min wat só vinnig só diep in jou hart kruip soos Paternoster. Vra maar vir die mense wat hier woon...

Van toring tot toring • ’n Vuurtoring is nie net iets uit ’n storieboek nie – hulle dien vandag steeds ’n doel om skeepvaart veilig te hou in onvoorspelbare waters. Besoek een van hierdie tien vuurtorings tussen Port Nolloth en Kaapstad op jou volgende Weskustoer!

Álmal se plig • Vir dekades reeds word groot stroke Weskusgrond suid van Alexanderbaai gemyn – veral vir diamante. In onlangse jare het dié aktiwiteite al meer suid begin kruip, in die rigting van die Olifantsriviermonding en selfs verder. Die branderplankryers Mike Schlebach en Miles Masterson is twee van die dryfvere agter Protect the West Coast, ’n organisasie wat dit sy werk maak om dié mynmaatskappye binne die grense van die wet te laat delf.

Sterte in die lug! • Elke jaar vind daar net ’n entjie see-in van Yzerfontein af ’n skouspel plaas waarvan min mense nog weet: ’n massa-saamtrek van boggelrugwalvisse!

Die beste in die weste • Die trekpleisters van die Weskus en sy aangrensende binneland word nie altyd op ’n skinkbord aangebied nie. Soms moet jy ’n bietjie dieper krap, en self gaan verken totdat jy daai spesiale plek kry wat perfek is nét vir jou. Ons het vir van ons joernaliste en lesers gevra waar hulle gunstelinge is – gesinsuitstappies, eetplekke, voëlkykplekke, staproetes, blyplekke, kampplekke...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 132 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Weskus, Namaqualand Reisgids 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: July 19, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans