Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Op vakansie
AGTER DIE SKERMS • Die fotojoernalis Willem van der Berg het die afgelope vyf uitgawes (Weg #214 tot Weg #218) die spore van die Britse ontdekkingsreisiger William Burchell gevolg: Van Kaapstad via Klaarwater (Griekwastad) en Graaff-Reinet tot by Dithakong, noordoos van Kuruman. Lees die einde van dié legendariese binnelandse reis op bl. 56.
Weg!
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, vonkpos of ’n posduif en sê jou sê.
KYK HIER!
KORTLIKS
BOEKE EN MUSIEK
Wag, ’n padstal hiér?! • Die Tankwa-Karoo lyk op die meeste dae soos ’n Mars-landskap waar daar net soms in die verre lugspieëlings die buitelyne van ’n springbok of volstruis vibreer. Dis afgesonderde wêreld. Die hoofroete – die R355 – strek vir 250 eensame kilometers tussen Ceres en Calvinia. Maar het jy geweet hier is deesdae viér padstalle?
So byna was ek ’n Himba… • Ons reis om te sien hoe mense anders as ons lewe. Maar soms is juis dít wat ons met vreemdelinge gemeen het, wat ons die meeste verras, skryf Sophia van Taak.
My beste vakansie nóg… • Die meeste vakansies is ’n fees, maar daar is een wat jou áltyd sal bybly. ’n Bestemming of ’n reis wat iets in jou binnekant verskuif. Sewe skrywers vertel van die vakansie wat hulle nooit sal vergeet nie.
Tuis in die bos • ’n Veldgids se lewe lyk idillies. Maar hoe voel dit om agter die stuur van daai wildkykvoertuig te sit en vir die soveelste keer dieselfde vraag te beantwoord? Of elke nou en dan deur ’n olifant bestorm te word?
’n Heilige land • Die ontdekkingsreisiger William Burchell se spore eindig in die koppies noordwes van Kuruman by die Tswana-nedersetting Litakun. En dit word al duideliker: Hierdie is ’n heilige land.
MENSE SE LENSE • Wie nie waag nie, wen nie! Stuur jou beste reis-, landskap- en wildlewefoto’s na Toast Coetzer. Lees op bl. 69 hoe om in te skryf.
Vuur, ys en reënboë
Kaaskenades ! • Hierdie heerlike geregte bevat kaas na elke smaak.
Die motorhuis van jou drome • Watter twee Fords sou jy in jou motorhuis langs mekaar geparkeer wou sien? ’n Ruk gelede sou ons sonder huiwering die magtige Mustang en die Raptor-bullebakkie gekies het. Maar nou het ’n bussie ’n spanner in die hoenderhok gegooi!
Die Klaas Vakies van kussings • Om lang ente in ’n motor of vliegtuig te reis kan ’n pyn in die nek wees, veral as jy nie ’n lekker reiskussing het wat jou help om droomland te vind nie. Gelukkig is daar deesdae ’n hele rits (ook ’n paar byderwetse ontwerpe!) om van te kies.
STAP HIÉR • KLAP ’N TOON VERBY KRANSE EN KOEIE
BLY HIER • ARENDSRUS COUNTRY LODGE, GEORGE
Daar’s iéts omtrent Witrivier... • Witrivier lê op ’n heuwel tussen Mbombela en Hazyview. Dis ’n berghaanswiep van die Krugerwildtuin, Panorama-roete en Sudwala-grotte af, maar wat is die haas? Kom kyk wat bied dié dorpie.
Wie se huis is dit? • Daar is omtrent net so baie soorte neste as wat daar voëlspesies is! Watter van dié het jy al gesien?
VOËLS • VOËLVOORNEMENS VIR ’25
MET MY EIE OË
Na Benin vir die eindstryd • Laat in Oktober 2023 is die motorfietsavonturiers Jean Cooper en De Witt Oosthuizen iewers in die middel van...