Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Karoo Gids 2024
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

TOAST AAN DIE WOORD

Weg!

KYK HIER!

Die lankmoedigheid • Dit maak nie saak hoeveel windpompe jy al gesien, aan gevat, of selfs in geklim het nie... as jy nog nooit een reggemaak het nie, sal hulle net klinkende metaaltorings en draaiende simbale vir jou bly, skryf Willem van der Berg.

Na kronkels en asem • Op hierdie roete van sowat 650 km van Loxton af tot op Middelpos kan jy deur sewe van die mooiste Karoo-passe ry – met ’n paar poorte, nekke en klowe as ’n bonus. Hierdie roete loop allesbehalwe reguit, wat ’n goeie ding is, want dan kom jy per toeval ook by al die régte Karoo-bewoners uit, van draadmakers en plaaswerkers tot laerskoollaaities...

Om jou stem in die veld te vind • Sally Andrew, skrywer van die Tannie Maria-speurverhale, kry groot inspirasie uit die Ladismith-omgewing, waar sy saam met haar lewensmaat Bowen Boshier aan die voet van die Touwsberg woon.

Eet, drink en wees vrolik! • Die Klein-Karoo se R62 is vol bergpasse, oulike dorpies en wye uitsigte. Maar al die gery en gekyk maak ’n mens weldra honger.... Hier is jou gids tot van dié roete se beste padstalle, eet- en kuierplekke.

Die laaste koerant op aarde • Jy gaan eendag wakker word en daar gaan geen koerant by die kafee te koop wees nie. Op Calvinia maak Frans Hugo (91) en sy span elke week ’n koerant – 49 weke van die jaar. Op Donderdae klim Frans alleen in sy kar om die koerante te gaan aflewer op ’n 1 200 km-tog wat so ver as Prieska draai.

Die siel van die korbeel • Die storie van die korbeelhuisies van die Hardemanskaroo is nederig en vol eenvoud – net soos die klippe van die kontrei.

’n Lewe vol luister • Die Karoo is ’n plek waar randkunstenaars soos die Uilhuis se Helen Martins en Prins Albert se Outa Lappies hulle uniekheid stilweg kon uitleef. Jy kan ’n hele vakansie-roete beplan en van een dorpie na die volgende toer waar dié mense hulle merk gelaat het, en waar nuwe kunstenaars in hulle spore volg. Iselle Combrink het haar beste vriende saamgevat...

Trap in heilige spore • Die Luiperdroete is ’n vierdag-slenterstap in ’n hoek van die Baviaanskloof waar Karoo-veld en fynbos ontmoet. Maar dis nie al wat ’n mens hier kan ontmoet nie – hier’s ook luiperds...

Die land van weer begin • Die fotograaf Samantha Reinders vang al vir sowat twee dekades haar geliefde Karoo-landskap – en enigiets wat haar siel aanwakker – met haar kamera vas. Haar fotoreeks getiteld The Land of Begin Again (Instagram: @thelandofbeginagain) is ’n hartsprojek wat wys hoe die Karoo ook háár verander het.

KAART VAN DIE KAROO

SPESIALE AKKOMMODASIE-AFDELING • Geriewe • Koste • Aktiwiteite & Kontakdetails

Reis terug in tyd… mét ontbyt! • Die Oos-Kaapse Karoo is wyd en syd bekend vir sy gasvryheid. En op dié tien geskiedkundige plase kry jy op die koop toe ook ’n handvol stories en ’n hartlike ontvangs.

Kry jou sit op ’n Karoo-stoep • Goeie verblyf maak of breek ’n vakansie. Jy soek ’n netjiese plek, maar ook een wat met die omgewing práát. Dié ses plekke – versprei deur distrikte so wyd uitmekaar soos Laingsburg en Luckhoff – tref die kol.

Maak jou tuis in die Tankwa • Die ses selfsorgplekke in dié artikel lê uitgesprei oor die Ceres-Karoo en Tankwa-Karoo, met een in die Hantam en nóg ’n wegkruipplekkie naby De...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 132 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Karoo Gids 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: August 23, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans