Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Aug/Sept 2024
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Vir elke seisoen

Weg!

BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.

KYK HIER!

Net nie die tjoekie nie • Sommige mense het vrese vir geitjies of ’n langbeenspinnekop in die bad, ander vir hansworse... Maar Vania Jooste het ’n onheilige vrees vir tronk toe gaan.

KORTLIKS

STERREWEG

Otto du Plessispas, Oos-Kaap

LUIPERDLESSE Stil, hier’s ’n kolkat verby…

BOEKE EN MUSIEK

Wanneer die berge blomme word • Die |Ai|Ais/Richtersveld-oorgrenspark beslaan ’n ruwe woestynlandskap so oud soos, wel, die berge. Dis droog en gestroop, met kokerbome en klippe as jou enigste geselskap. Maar soms verras dit jou met iets gans anders, ’n wonderwerk. Willem van der Berg het die park in 2023 beleef ná die beste reën in 20 jaar.

Ons eie klein Serengeti • Die Ezemvelo-natuurreservaat naby Bronkhorstspruit is ’n vonds op Gautengers se voorstoep. Sodra jy by die hek inry, gewaar jy troppe rooibok, sebra, eland en wildebees op grasvlaktes wat – met ’n tikkie verbeelding – nes die Serengeti lyk!

’N LAND SONDER BOESMANS • Die Land van die Boesmans waardeur die Britse ontdekkingsreisiger William Burchell in 1811 getrek het, se klipperige rante en vaal vlaktes bestaan steeds. Maar die mense met hulle pyle en boë wat met die veld, diere en sterre kon praat, is nêrens te sien nie. Het daar enigiets van die Boesmans oorgebly?

MENSE SE LENSE • Wil jy ’n bietjie met jou mooi reis- of natuurlewefoto’s spog? Stuur dit gerus vir Toast Coetzer by menseselense@weg.co.za – dalk publiseer ons volgende keer joune!

Pietman se treffersparade!

Hoe luk dit met ietsie soets? • Verras jou huismense met nagereg of ’n bederf vir teetyd.

Blink idees vir die braai • ’n Braai behoort veel meer te wees as net ’n geskroeide tjop, ’n flou dop en ’n pap braaibroodjie. Ons het – ter ere van Erfenisdag – ’n rits innoverende en eg Suid-Afrikaanse braaiprodukte op die proef gestel… en lekker gesmul!

BLY HIER • KING’S VIEW CAVE, LADY GREY, OOS-KAAP

’n Vars aanslag • In die wintermaande raak dinge warm, want dis tradisioneel die tyd van die jaar wanneer ’n rits nuwe motors bekend gestel word. Ons het die Ineos Grenadier Quartermaster (Suid-Afrika se duurste bakkie!), die Toyota Hilux Raider 48V (die eerste hibriede Hilux!!) en die Ford Territory (’n Ford-sportnuts wat in China gebou word!!!) almal toetsbestuur.

STAP HIER • Die draak se ysterpad

VOËLS • DEUR FAANSIE PEACOCK

Besoek die Bokkeveld se blomdorp • Van Maart tot Oktober blom hier interessante dinge op Nieuwoudtville – van die kokerboom se geel blomme tot rooikatsterte! En die res van die jaar is hier hope stilte, sterre en stories.

MET MY EIE OË • Het jy al van die wimpelvlerknaguil gehoor? Dié skaars spesie is een van Suid-Afrika se mooistes – Marlou Schalkwyk van Springs was gelukkig genoeg om (tien minute lank) foto’s van een te neem!

Vlermuis g’n vampier! • Vlermuise maak nes in jou hare! Vlermuise drink jou bloed! Dis nonsens – vlermuise is onskadelike soogdiertjies wat insekgetalle beheer, plante bevrug en vrugtesaad versprei.

TOEKA SE DAE

Adiós, Colombia! • Colombia is berug vir sy dwelms en...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 173 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Aug/Sept 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: July 26, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans