Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Botswana 2024
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Uit die boskantoor

WEG!

BY DIE GRENS

KYK HIER!

Die Hiënadeur • Op ’n twee weke lange kampvakansie deur Noord-Botswana besef Jon Minster opnuut dat die nabyheid van jou geliefdes een van die kosbaarste dinge op aarde is.

KAARTE VAN BOTSWANA

8 dae Chobe toe en terug! • Hierdie reisplan is vir lesers wat Botswana vir die eerste keer besoek en die beste wil maak van ’n kort vakansie – jy gaan meestal teerpad ry, tot op die oewer van die Choberivier en terug. Maak vas jou gordel, hier kom die olifante!

Dié mense is hier vir jou! • Op ’n reis deur Botswana kruis jou pad met verskeie mense wat in die toerismebedryf werk: Sommige soos kampbestuurders is aan die hart daarvan, en ander maak dalk die jenewer wat jy geniet terwyl die son ondergaan...

Sjuut, luister na die blafgeitjies! • Die Kalahari lê wýd. Baie wyer as die grense van sy bekende reservate. Kom ons gaan kyk hoe lyk die wêreld in twee afgeleë konsessiegebiede in Botswana en twee kleiner Suid-Afrikaanse wildreservate wat ook ’n egte Kalahari-ervaring bied!

Maak Moremi maklik Beplanning – Kampplekke – Paaie – Wat om te sien • Die Moremi-reservaat is legendaries... Maar wat presies behels ’n besoek aan dié ikoniese reservaat aan die oostelike rand van die Okavango-delta? Kan ’n mens net opdaag en ’n staanplekkie vir die nag soek? Het jou 4x4 ’n snorkel nodig? Kom ons vind uit!

Oud maar steeds goud • Die wildryke Hwange- nasionale park is een van Zimbabwe se klassieke parke. En omdat dit so na aan Kasane en Vic Falls is, kan jy dié puik bestemming maklik by jou reisplan voeg. Hier’s alles wat jy moet weet.

Renosterparadys! • Die Khama Rhino Sanctuary is Botswana se renosterpark – hier kan jy witén swartrenosters sien en goeie foto’s neem omdat die terrein rondom die watergate oop is. Baie toeriste bly hier vir net een nag, maar dis beter om twee of drie nagte deur te bring, want dan kry jy wérklik waarde vir jou geld!

’n Skeut Namibië, ’n dubbel-pypsteel • Die Okavango-pypsteel en Namibië se Zambesistreek is goeie pasmaats – lees hier hoe jy hierdie streke in één toer kan kombineer. Die bonus? Hulle bied puik waarde vir geld!

Dís ’n safari! • Soms is dit lekker om die leisels aan iemand anders te oorhandig – op ’n begeleide safari saam met Kalahari Tours deur die Chobe- nasionale park kan jy net terugsit, die diere geniet en vakansie hou!

Maak meer met minder • In die Sentraal-Kalahari-wildreservaat is daar nooit skares nie, en dis ’n goeie ding... Hier swaai diere nog die septer.

HOE OM HIERDIE GIDS TE GEBRUIK

BLYPLEKKE • As jy vakansie in Botswana wil hou, gaan jy vér ry en ’n goeie plek om te oornag is noodsaaklik ná ’n lang dag op die pad. Ons joernaliste beveel hierdie plekke in Botswana en langs sy grense aan. Tensy anders vermeld, is die tariewe in hierdie gids vir 2025 – gebruik dit as ’n riglyn en bel altyd die blyplek vooraf om seker te maak hoeveel dit gaan kos.

SUID-BOTSWANA

SENTRAAL-BOTSWANA

NOORD-BOTSWANA

NAMIBIË, ZAMBIË & ZIMBABWE

BRIEF UIT Maun • In die hoogsomer krimp die Botetirivier tot slegs ’n paar poele. Toast Coetzer aanskou die oggendverkeer by Drifters Maun Lodge.

BOTSWANA OP SY BESTE

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 133 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Botswana 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: October 25, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Travel & Outdoor

Languages

Afrikaans