Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
'n Kol op 'n kaart...
Weg!
SÓ WERK DIE GIDS
BY DIE GRENS
DIE SUIDE • Talle Suid-Afrikaners het foto’s van die Visriviercanyon, Kolmanskop se spookhuise, kokerbome en Aus se wilde perde in hulle fotoalbum... Wag, het jy nie?! Dan is dit tyd dat jy die suide van Namibie, oftewel Suid-Afrika se “tiende” provinsie, die eerste keer (of weer) besoek. Sorg dat dié vyf doendinge deel is van jou reisplan.
Ver in die ou Kalahari... • Die suidooste van Namibië word dikwels misgekyk deur besoekers. Des te beter, sê diegene wat weet watse versteekte plesiere die streek bied. Hier is ses plekke wat jou toer gaan laat sing van plesier.
SUIDE
SUIDE BLYPLEKKE
DIE MIDDEL • Van die mees hooggeleë gebiede in Namibië lê in die middel, soos die Khomas Hochland met sy berge en passe. Van hier af daal ’n mens weer af na die vlaktes van die Namibwoestyn en uiteindelik die yskoue Atlantiese Oseaan. Sorg dat dié sewe klassieke dinge op jou doenlysie is.
Windhoek • “Jy sal die vriendelikste mense ontmoet! Boonop is Windhoek kompak, daarom is dit maklik om by al die verskillende dele van die stad uit te kom,” sê die fotojoernalis Ndinelao Shikemeni wat al 23 jaar in Windhoek bly. Hier’s van haar gunstelinge-plekke in die hoofstad.
Swakopmund • Sandra Windisch woon saam met haar man, Rainer, en hulle dogters Nele (9) and Mila (10) op Swakopmund. Hulle bestuur die Otto Günther-kombuiswarehandelaar, wat Sandra se oupagrootjie in 1908 gestig het. Hier’s haar gunstelinge-plekke op Swakop.
Waar die duine antwoord gee • Aranos verskyn nie sommer op ’n besoeker se reisplan nie. Maar dié dorpie – Namibië se skoonste – omring deur rooi sandduine en ontelbare kameeldoringbome is net die plek om jou geloof in die mensdom te herstel.
MIDDEL
BLYPLEK MIDDEL
DIE NOORDE • Oral in Namibië voel ’n mens asof jy ver in die wêreld is, maar in die noorde wat Etosha se wit vlaktes, die Skedelkus en die magtige waters van die Kunene, Kavango, Kwando, Zambesi én Chobe insluit, voel dit asof jy die einde van die aardbol bereik het. Sorg dat dié 10 plekke deel is van jou reisplan.
Waar Namibië eindig • Die slim mense sê die Skedelkus se duine bestaan uit sand van die Oranjerivier. Dié sand spoel byna 2 000 km noordwaarts uit waar die wind dit skep en neersit. Dit verg byna net so ’n woeste reis vir ’n mens om by die Kuneneriviermonding uit te kom. Klim in en ry saam!
Olifante eerste! • In die Nyae Nyae-bewarea woon die Ju/’hoansi tussen die kremetarte. En jy kan ook jou tent en kampstoel hier kom staanmaak.
Een, twee, drie... rivier! • Jy sal vergewe word as jy dink die ganse Namibië is droog. Baie van die ikoniese bestemmings – Visriviercanyon, Sossusvlei en die Kaokoveld – ís droog. Maar deur die lang vinger in die noordooste van die land vloei viér riviere: die Kavango, Kwando, Zambesi en Chobe.
Kyk waar val die water! • Die Victoriawaterval is net sowat 130 km van die Ngoma-grenspos in Namibië se Zambesistreek. Skiet oor en kom staan in die sproei!
NOORDE
KAVANGO-OOS- & ZAMBESI-STREEK
BLYPLEK NOORDE
Ontdek die verste uithoeke van Namibië • Kom verdwaal – op ’n goeie manier – in die Kunenestreek in die noordweste van die land saam met Weg en...